Resepte

Hannes van Rensburg het ‘n groot liefde vir kos maak!

Elke resep is deur Hannes self getoets, gebak en geniet!

Hannes deel met liefde sy gunsteling resepte aan almal. Hou gerus hièrdie blad dop! Daar sal elke maand nuwe resepte met foto’s wees!

Hannes se Romerige Biltong Potjie

1 x Pakkie Mushrooms

1 x Pakkie Pasta (enige pasta sal lekker werk, ek verkies die skulpie pasta)

1 x Ui Fyn Gekap

250ml Room

1 x Koppie Melk

350g Biltong – Gekerf en Opgesny

Sout en Peper Na Smaak

1 Teelepel Fyn Gekapte Knoffel

1 x Eetlepel Droë Mixed Herbs

2 x Koppies Sterk Cheddar Kaas Gerasper

Metode:

Gooi bietjie Olyf Olie in jou pot en braai jou uie. Gooi dan jou mushrooms en knoffel in. Braai alles saam. Gooi jou Mixed Herbs by en roer goed saam. Gooi jou Pasta en room en melk by en laat jou pot prut. Gooi jou biltong by. Sodra die hele pot kook gooi jou gerasperde kaas by en meng goed deur. Heerlik saam met ‘n knoffel broodjie!

Hannes se Romerige Biltong Poitjie

Tannie Meidjie se Spaghetti (Dean se absolute gunsteling!)

Wat jy gaan benodig:

1 x Pak Fatis en Monis Spaghetti

1 x Blik Koo Tamaties en Uie

All Gold Tomatiesous – Ek skat so 1/4 koppie

Worcestershire sous – ek gooi sommer so met die hand vrylik oor

2 x Koppies gerasperde sterk Cheddar Kaas

Metode:

Kook jou Spaghetti met olyf olie en sout tot amper gaar. Dreineer.

In jou pot op lae hitte gooi jy jou Spaghetti in en sprinkel olyf olie daaroor.

Gooi jou blik tamaties en uie in en meng goed. Gooi dan tomatiesous in saam met jou tamaties en uie.

Gooi jou Worcestershire sous by, en meng goed.

Terwyl jou Spaghetti stadig warm word rasper solank 2 koppies lekker sterk Cheddar kaas.

Sodra jou Spaghetti goed warm is en begin kook, sprinkel jou kaas in en meng baie, baie goed.

As al jou kaas in gemeng is, sit jou plaat af, sit jou deksel op en laat staan vir 5 minute. Skep op en geniet!

Heerlik saam met jou Sondag ete!

Tannie Meidjie se Spaghetti – heerlike Sondag ete!

Hannes se Fettuccini Alfredo

500 g Fettuccini
250 g Bacon
1 Uie, gekap
500 ml room
250 g sampioene
Olie
Sprietuie opgekap
100 g Parmesan en 2 x teelepels knoffel (crushed garlic)

Kook die Fettuccini soos gewoonlik met sout en olie. Net voor dit gaar is spoel goed af. Kook die Fettuccine in die room tot gaar.

In ‘n pan: maak jou Bacon gaar (ek sny gewoonlik my bacon in blokkies) saam met jou uie, sprietuie en knoffel. Gooi jou sampioene by met sout en peper na smaak.

Gooi alles saam in jou Fettuccine met room en gooi jou Parmesan kaas oor en geniet. 

Hannes se Fettuccine Alfredo

Mamma Florence se Rooi Macaroni (Altyd ‘n Wenner)

½ Pak Fatti’s & Moni’s Macaroni

1 x Blik Tamatie Puree (All Gold werk die beste!)

2 x Eetlepels Worcestershire Sous

¼ Koppie All Gold Tamatie Sous

Gerasperde Kaas

Metode:

Kook die Macaroni soos gewoon, met sout en olie en kook water. Dreineer en spoel goed af sodra dit amper gaar is.

In ‘n maat beker gooi jou blik Tamatie Puree met 1 x Blik Water, 1 Eetlepel Olie, jou Worcestershire sous en jou tamaties sous en meng goed.

Laat die Macaroni oor lae hitte prut tot dit kook punt bereik. Roer jou Macaroni so nou en dan en maak seker dit brand nie vas nie.

Sodra dit kook sit plaat af en skep op. Vat jou gerasperde kaas en gooi bo oor jou Macaroni en smelt sommer in die Mikrogolf Oond. Hierdie is op sy lekkerste saam met ‘n heerlike steak, soos foto hieronder.

Mamma Florence se Rooi Macaroni

Hannes se Koeksisters in warm stroop: (Hannes se gunsteling!)
2 x Koppies koekmeel
1 x Desert lepel bakpoeier (12,5 ml) 1 x Desert lepel botter (12,5ml)
1 x Desert lepel suiker (12,5 ml)
1 x Eier
Knippie sout
¾ Koppie melk
Olie vir gaarmaak
Vryf die botter met die vingerpunte in die meel in, voeg die bakpoeier en suiker by.
Maak aan met melk waarin die eier geklits is. Meng goed en laat rus die deeg – uur of langer as jy tyd het.
Rol die deeg uit, sny en vleg. Moenie deeg te veel hanteer en rek nie.
Bak in warm olie tot ligbruin.
Stroop:
4 x Koppies suiker
2 x Koppies water
1 x Eetlepel goue stroop
Knippie wynsteensuur
Kook die bestanddele saam vir 5 minute en dompel die warm koeksisters in die warm stroop.
Haal uit en laat koud word voor bediening. Bêre in die vrieskas en bedien yskoud!

Hannes Se Koeksisters Met Warm Stroop

Pampoen Poffertjies

Poffertjies:
1 x Koppie gaar pampoen
1 x Koppie meel
2 x Teelepels bakpoeier
2 x Eetlepels strooisuiker
1 x Eier
¼ Koppie melk
Canola-olie, vir braai
Karamel sous:
¾ Koppie suiker
1 x Koppie room
1 x Teelepel vanieljegeursel
3 x Eetlepels botter
½ Koppie goue stroop
Vir die poffertjies, meng al die bestanddele om ‘n gladde deeg te vorm. Verhit die olie en braai lepelsvol van die beslag tot goudbruin en gaar. Haal uit met ‘n gaatjieslepel en dreineer op kombuispapier.
Vir die karamelsous, prut al die bestanddele 10 tot 15 minute saam todat die sous dik en blink is. Giet die sous oor die poffetjies en bedien!

Pampoen Poffertjies met Karamel Sous

Predikantsvrou Poeding – Verseker ‘n lekker poeding vir ‘n Sondag!
3 x Eetlepels botter/margarien
1 x Koppie suiker
1 x Eier
1 x Koppie koekmeel
1 x Koppie melk
1 x Teelepel vanielje
2 x Eetlepels goue stroop
1 x Teelepel koeksoda
Knippie sout (1 ml)
Meng alles saam in ‘n oondskottel met ‘n deksel.
Bak vir ‘n ¾ uur op 180ºC. Wanneer gaar, gooi ‘n klein blikkie Ideal melk bo-oor warm poeding.
Bedien met vla of soos verkies.
Indien jy nie Ideal melk in die huis het nie, kook die volgende sous saam: ½ koppie melk, 2 x Eetlepels suiker, 1 x Teelepel margarien.

Predikantsvrou Poeding

Hannes se Super Vinnige Skons (Hierdie is altyd lekker!)

Dit is nie die stewige skons wat ons gewoonlik by koffiewinkels kry nie, maar ‘n lekker ligte skon. Geen uitrol of uitdruk nie, jy gooi die beslag sommer in ‘n gesmeerde muffinpan.

BESTANDELE

2 Koppies meel

4 Teelepels bakpoeier

½ Teelepel sout

¼ Koppie kookolie

1 Eier, geklits

1½ Koppie melk en water, gemeng (ek gebruik 1 koppie melk en ½ koppie water)

METODE

Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Gooi die kookolie, eier en melk-en-watermengsel by. Roer tot daar geen klonte is nie en skep lepels vol in die gesmeerde muffinpan. Bak vir 15 tot 20 minute teen 180°C. Laat effens in pan afkoel voor jy dit uithaal en bedien.

Hannes se Vinnige Skons

Hannes se “Sweet & Sour Beef” Resep. Verby Lekker!
Ek koop ‘n pakkie goulash by die slaghuis. Reeds die vorige aand sit ek die vleis in ‘n bak met ‘n deksel en gooi sommer baie soya sous oor die vleis, maak seker al die vleis is bedek met die soya sous. Plaas in die yskas oornag. Die volgende oggend haal uit en meng sommer goed, gooi speserye van jou keuse oor, plaas terug in die yskas totdat jy gaan bak.

Die deeg
2 x Koppies koekmeel
4 x Teeleps bakpoeier
2 x Eiers
Speserye van jou keuse.
Melk, skat ek so met die oog (gewoonlik 1 tot 2 koppies), meng alles saam todat jy ‘n lekker loperige deeg het, maak seker dat jou deeg goed deur gemeng is.
Vat die vleis en gooi dit by die deeg. Meng dit goed en maak seker dat elke stukkie vleis met deeg bedek is.
Skep met ‘n teelepel jou blokkie vleis en deeg saam in olie. Diep braai tot die degie bruin is.
Glo my, hierdie was nog altyd ‘n groot wenner van my! Jou familie sal hul vingers af eet! Geniet!

Hannes se “Sweet & Sour” Beef

Komkommer Slaai – Hierdie is ‘n familie resep, en is veral lekker in Desember maand!

1 x Engelse Kokommer of 3 x klein gewone komkommers.

200 ml Water

125 ml Asyn

100 ml Suiker

5ml Sout

Metode:

Sny komkommers in skywe.

Meng bostaande en voeg die komkommer skywe by.

Laat dit oor stadige hitte warm word moet nie laat dit kook nie. Sonder die deksel.

Sodra daar borreltjies begin opkom haal dadelik van die stoof af.

Laat dit heeltemal koud word.

Bêre in bottels met deksels en plaas in die yskas. Geniet die slaai!

Komkommer Slaai

Pynappel Poeding

Bestanddele

• 2 Pakkies pynappel jellie

• 1 Blikkie yskoue Idealmelk (ek sit myne sommer in die vrieskas)

• 1 Blikkie crushed pynappels

• 1 Pakkie Tennis Beskuitjies (Fyn gedruk)

Metode

  1. 1 x Koppie kook water – meng die 2 pakkies jelly saam
  2. Klop die yskoue Ideal melk tot styf
  3. Meng die blikkie crushed pynappels (met stroop en al) by die jellie saam met die styfgeklopte Ideal Melk. Meng alles goed en gooi in bak met die bodem van ‘n halwe pak Tennis beskuitjies wat fyn gedruk is
  4. Sprinkel die res van die Tennis beskuitjies bo oor die mengsel.
  5. Plaas in yskas tot gestol

Pynappel Poeding

Hannes se Maklike Potbrood – (Hierdie resep is ook geskik vir Roosterkoeke)
1 x kg Koekmeel (6 x koppies)
7ml Kitsgis
5ml Suiker
5ml Sout
600ml Lou water of lou kookmelk en water. Jy kan 1 eier by vloeistof in klits, indien verkies
30ml Olie
Metode:
Sif die meel, gis, suiker en sout saam in ‘n groot mengbak. Meng die vloeistof geleidelik by om deeg te maak wat maklik hanteerbaar is. Knie tot die deeg glad en elasties is – dit duur ongeveer 8 minute. Bestryk met ‘n bietjie olie, maak warm toe en laat op ‘n warm plek tot dubbel die volume rys. Dit sal sowat 2 ure duur. Knie die deeg liggies af en sit in jou swart pot.
Laat weer rys en bak dan soos verkies. Hierdie is altyd ‘n wenner met ‘n braavleis of ‘n potjiekos!

Hannes se Maklike Potbrood

Hannes se Korslose Ongebakte Melktert:

Resep:

1,5 Liter melk

4 Eiers

250ml Suiker

Sout

5ml Vanilla Essens

150ml Mielieblom (Maizina)

125ml Koekmeel

Kaneel

Laat melk stadig opkom tot kook. Terwyl melk aangaan – klits eiers en suiker tot sponsagtig dik en lig. Gooi sout, vanilla, mielieblom en meelblom by eiermengsel en klits goed saam tot glad. Wanneer melk kook, draai af na lae hitte, gooi eiermengsel by en roer aanhoudend. Laat dit goed maar stadig deurkook en roer aanhoudend. Wanneer klaar deur gekook is, as daar klontjies is, klits vinnig weer deur en gooi in bak. Sprinkel kaneel bo oor en laat afkoel. Laat natturlik afkoel voor dit in yskas gesit word, anders “sweet” die kaneel af. Geniet!!!

Hannes se Korslose Ongebakte Melktert

Hannes se Lekker Boere Samoesas

Vulsel:

1 Groot ui, fyn gekap

25 ml Kookolie

250g Gemaalde beesvleis

10ml Matige kerriepoeier

5ml Borrie

5ml Sout

25ml Mielieblom

KORS:

500ml Ongesifte koekmeelblom

10ml Bakpoeier

2ml Sout

100g Botter of margarine, by kamertemperatuur

sowat 100ml koue water.

METODE:

Braai die uie in ‘n swaarboomkastrol oor matige hitte in die kookolie tot sag. 

Voeg die msslvlei by, roer dit met ‘n vruk los en braai dit tot gaar. Voeg die kerriepoeier, borrie en sout by en braai ‘n verdere 5 minute.

Maak die mielieblom met ‘n bietjie koue water tot ‘n pasta aan, roer dit by die vleismengsel en kook tot dik. 

Laat die vulsel afkoel.

Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter of magarien in die meelmengsel in.

Sny die water met ‘n slaplem mes in; gebuik net genoeg water om ‘n stywe deeg te vorm.

Rol die deeg dun uit op ‘n meelbestrooide deegplank. Druk sirkels, 9 cm in deursnee, met die deksel van ‘n vrugtefles uit.

Skep lepelsvol vulsel op elke sirkel.

Maak die randte van die deegsirkel met koue water klam. Vou die helfte van die deegsirkel oor die vulsel en druk die boonste rand styf op die onderste rand vas.

Braai die tertjies in warm, diep kookolie tot uitgerys en goudbruin. Dreineer hulle op kombuispapier.

Hannes se Lekker Boere Samoosas

Hannes se Ystervarkies! Heerlik & Maklik!!

Resep lewer ongeveer 42.

Oond 180°C.

250g Botter of margarien

500ml (400g) Suiker

4 Eiers

125ml Melk

750ml (420g) Koekmeel

10ml Bakpoeier

2 ml Sout

SJOKOLADESTROOP

750ml Suiker (600g)

200ml Kakao (80g)

375ml Water

15 ml Botter of margarien

Droë klapper

Klop botter of margarien en suiker saam.

Voeg eiers een vir een by en klop goed na elke byvoeging tot lig en donsig.

Voeg melk by en meng goed.

Sif meel..bakpoeier en sout saam en voeg by eiermengsel.

Skep deeg in n gesmeerde oondpan van sowat 25 x 30 cm of in twee vierkantige 23cm koekpanne. Bak 50 tot 60 minute in voorverhitte oond. Sny in vierkante en laat afkoel.

VIR STROOP…meng suiker..kakao en water..roer aanhoudend en verhit tot kookpunt. Voeg botter of margarien by. Doop koekblokkies een vir een in warm stroop..maar moenie lank inhou nie. Rol in n dik laag klapper.

Hannes se Ystervarkies

Hannes se Aartappel Gebak
My liewe ma het so baie hierdie aartappel gebak vir ons gemaak, en ek deel dit graag met julle! Dit is verskriklik lekker!!

Jy het nodig:
4-6 Aartappels
250 ml Vars Room
Lekker beker vol gerasperde cheddar kaas
Sout en Peper na smaak

Metode:
Skil jou aartappels en sny dit in skywe (moenie jou skywe te dik sny nie)
Sit jou oond op 180 Grade
Pak jou aartappel skywe in jou oondvaste bak (ek spuit die bak met Spray & Cook voor die tyd)
Met elke laag wat jy pak gooi jy jou sout en peper na smaak op elke laag (Ek is lief daarvoor om sommer Lemon Pepper ook daaroor te sprinkel)
As al jou aartappel lae gepak is gooi jy jou 250ml vars room oor.
Rasper die kaas en maak seker die boonste gedeelte van jou bak is goed bedek met die kaas.
Sit die gebak in die oond vir 1 uur. Wat lekker is hiervan is dat jou aartappels gaar bak met die room.
Bedien warm!

Hannes se Aartappel Gebak

Hannes se Aartappel Slaai

Daar is vir my niks so lekker soos ‘n aartappel slaai nie! Veral as dit saam met ‘n braaivleis bedien word! Ek het baie aartappel slaaie op die proef gestel, en ek deel my gunsteling aartappel slaai resep met julle! Ek het die een sommer self in my kop bymekaar gesit!

Jy benodig:

4-6 Aartappels

1 x Pakkie Bacon (Ek snipper myne)

1 x Blik Kondensmelk

3 x Desert Lepels Mayonnaise

Metode:

Ek braai met klein bietjie olie my bacon tot gaar en laat dit afkoel. Kook jou aartappels tot sag en laat dit afkoel. Ek meng my bacon met my aartappels saam met 1 x blik kondensmelk en my Mayonnaise. Meng alles baie goed saam en sit in die yskas tot goed koud en bedien! Hierdie is altyd ‘n wenner!

Hannes se Aartappel Slaai

HEERLIKE POEDINGS SOOS OUMA GEMAAK HET

As jy so lief is vir poedings soos ek, dan gaan hierdie resepte jou verseker help! Bederf jouself en jou familie! Geniet dit!

Bruin Poeding Resep (1)

Bestanddele:

1 Eier

125ml Suiker

250ml Meel

5ml Bakpoeier

5ml Koeksoda

30ml Asyn

2 eetl Appelkooskonfyt

1 k Melk

Sout

Sous Bestanddele:

1 k Melk

125ml Suiker

1 k Water

2 eetl Botter

5ml Vanielje

Metode:

Klits eiers en suiker saam.

Maak koeksoda aan met bietjie melk.

Meng meel, bakpoeier, asyn, appelkooskonfyt en sout bymekaar.

Gooi in bakpan en bak by 180°C vir 45 minute.

Sous Metode:

Bring alles tot kookpunt en gooi kokende stroop oor die warm poeding wat direk uit die oond uit kom.

Prik ‘n paar gaatjies met vurk in die koek voor jy die stroop oorgooi.

Wenk:

Vervang die appelkooskonfyt by die beslag met 2 eetl. kakao en voeg 2 eetl. kakao by sous vir sjokolade poeding.

Gebruik bak ongeveer 15cm tot 20cm.

Bruin Poeding

Bruinpoeding (2)

1/2 Koppie fyn appelkoos konfyt

2 teelepels Koeksoda (gelyk vol)

1/2 Koppie botter

1 en 1/2 Koppie meelblom

1/4 Teelepel sout

Stroop:

1 en 1/2 koppie suiker

3 koppies water

1/2 teelepel gemmer

Meng konfyt, koeksoda en botter saam. Koeksoda word eers met ‘n bietjie asyn aangemaak. Voeg droë bestandele by en skep lepels vol in kokende stroop.

Bruin Poeding 2

BROOD POEDING

1 liter Melk

20 g ( 25 ml) Botter

1 ml Sout

120 g ( 500 ml) Broodkrummels

4 Eiers ( geskei )

200 g ( 250 ml) Suiker

2 ml Suurlemoenskil ( gerasper )

80 g ( 100 ml) Suiker

75 ml Appelkooskonfyt

Verhit melk, botter en sout saam. Giet warm melk op broodkrum – mels en laat week. Klits eiergele, 200 g. suiker en suurlemoenskil saam. Roer eiergeelmengsel by melkmengsel in en meng goed.  Klits eierwitte styf, voeg oorblywende suiker by en klits tot gemeng.

Vou helfte van eierwitmengsel by melkmengsel in. Giet in ‘n gesmeerde vuurvaste bak en bak sowat 30 minute lank by 180 Grade C. Smeer konfyt op broodpoeding en skep oorblywende eierwit – mengsel daaroor sodat dit mooi punte vorm. Bak poeding nog vir 15 minute lank tot meringue goudbruin is.

Brood Poeding

BRUINPOEDING SONDER EIERS

3 kop Meelblom

3 teel Koeksoda

3 eetl Margarine

1 kop Melk

3 eetl Gouestroop

Sout

Smelt botter en stroop saam, laat afkoel. Los koeksoda in melk op en roer

in. Sif meel en sout in en meng deeglik.

STROOP:

Kook 3 kop suiker, 6 kop kookwater, 1 eetl gouestroop en 1 eetl botter in ‘n groot kastrol. Skep lepelsvol deeg in warm stroop en laat opkook. Plaas deksel op en laat 1 uur lank stadig kook. Indien verkies, kan 1 eetl gemmer bygevoeg word vir smaak.

Bruin Poeding Sonder Eiers

Jan Ellis Poeding

1 1/2 kop Bruismeel

2 Eiers.

2 eetl Appelkooskonfyt

1/2 kop Melk

1/2 kop Suiker

1 teel Koeksoda

2 eetl Sagte botter

1/4 teel Sout

Los koeksoda in melk op. Meng al die ander bestanddele. Roer melk en koeksoda by en meng baie goed. Bak 30 minute in matige oond.

Stroop:

1 kop Kookwater

1 kop Room

1 teel Vanilla

1 kop Botter

1 kop Suiker

Gooi alles in kastrol en bring tot kookpunt. Gooi warm sous oor poeding wanneer dit uit die oond kom. Bedien warm of koud.

Jan Ellis Poeding

MALVA POEDING

1 kop Meelblom

1 teel Koeksoda

1 eetl Botter

1 Eier

1/2 kop Melk

1 eetl Asyn

1/2 kop Suiker

Sout

Room botter, suiker en eier. Meng asyn en koeksoda en voeg by bottermengsel. Voeg meel en sout by en maak aan met melk. Bak in matige oond tot gaar. Gooi sous oor warm gaar poeding.

Sous:

1 kop Carnation melk

1 kop Kookwater

1 kop Suiker

Kook saam en gooi oor poeding.

Malva Poeding

Malvapoeding met Brandewyn!

2 Eiers ( by kamertemperatuur )

210 g Strooisuiker (250 ml)

15 ml Appelkooskonfyt

150 g Koekmeelblom (315 ml)

Knippie sout

5 ml Koeksoda

30 ml Botter

5 ml Asyn

125 ml Melk 

Sous:

250 ml Room

100 g Suiker (125 ml)

100 g Botter

125 ml Suid-Afrikaanse Brandewyn

Klits eiers en strooisuiker deeglik saam tot lig en donsig. Klits appelkooskonfyt by. Sif droë bestanddele 3 maal saam. Smelt botter en voeg by asyn en melk. Vou droë bestanddele

beurtelings met melkmengsel by eiermengsel in. Giet beslag in middelslag-gesmeerde oondvaste skottel. Bak in voorverhitte oond teen 180 Grade C vir sowat 45 minute.

Berei sous:

Smelt sousbestanddele saam en giet bo-oor poeding sodra dit uit die oond kom. Steek gaatjies in poeding met vurk om sous te help intrek. Dien warm op saam met room.

Malva Poeding met Brandewyn

RYS POEDING

70 g (125 ml) Bruismeel

4 Ekstra groot eiers, geklits

625 ml Melk

165 g (125 ml) Fyn appelkooskonfyt, gesmelt

210 g (250 ml) Strooisuiker

500 ml Gaar rys

75 g (125 ml) Gedroogde appelkose, fyn gekap en geweek

15 ml Botter, gesmelt

5 ml Vanieljegeursel

kaneel om oor te strooi.

Voorverhit die oond tot 180 Grade C. Smeer ‘n 26 x 21-cm-oondvaste bak met margarien. Plaas die bruismeel in ‘n groot mengbak. Klits die eiers en melk saam en voeg by die bruismeel terwyl aanhoudend geroer word met ‘n draadklopper. Meng die appelkooskonfyt en strooisuiker en voeg dit ook by die meelmengsel. Voeg die rys,appelkose, botter en vanieljegeursel by. Meng goed en giet in die voorbereide bak. Sprinkel ‘n bietjie kaneel bo – oor. 

Bak sowat 55 minute lank of todat die poeding gestol en goudbruin van bo is. Dien warm op saam met roomys of vla. Genoeg vir 6 mense.

Rys Poeding

SUPER  SAGOPOEDING

180 ml ( 3/4 kop) Sago

250 ml (1 kop) Volroommelk

250 ml (1 kop) Room

Knippie sout

1 blik (397 g) Kondensmelk

3 ml (ruim 1/2 tl) Bakpoeier

3 Ekstra-groot eiers, geskei

80 ml (1/3 kop) Sagte bruinsuiker

7 ml (1 en 1/2 tl) Fyn kaneel

Voorverhit oond tot 200 Grade C en smeer oondbak met botter of bespuit met kleefwerende kossproei. Verhit sago, melk, room en sout oor lae hitte tot kookpunt. Laat ongeveer 30 minute baie liggies prut, roer gereeld. Verwyder van hitte, laat effens afkoel en voeg kondensmelk, bakpoeier en eiergele by. Meng goed. Klits eierwitte tot dit stywe punte vorm en vou liggies by die mengsel in. Skep in voorbereide bak en bak ongeveer 20 tot 30 minute tot opgepof en goudbruin. Geniet met vla. Genoeg vir 4 mense.

Super Sagopoeding

LEMOEN – KARAMEL – RYSPOEDING

Karamel :

125 ml (1/2 kop) Vars lemoensap

180 ml (3/4 kop) Strooisuiker

Poeding :

875 ml (3 1/2 kop) Volroom melk

250 ml (1 kop) Wit rys

125 ml (1/2 kop) Wit suiker

300 gram Ricotta kaas

3 Ekstra-groot eiers, liggies geklits.

Voorverhit oond tot 180 Grade C en bespuit ‘n 22 cm-koekpan liggies met kleefwerende kossproei. Verhit 60 ml. ( 1/4 kop.) van die lemoensap en die strooisuiker oor baie lae hitte tot die suiker opgelos is, terwyl geroer word. Verhit tot kookpunt en kook vinnig, sonder

om te roer, tot die mengsel ‘n diep karamelkleur het. Voeg orige lemoensap by. ( Versigtig, dit sal erg borrel en spat.) Plaas vinnig terug op die hitte, laat opkook. Giet in koekpan en kantel die pan sodat die karamel die bodem en kante van die koekpan bedek.

Plaas in die yskas. Verhit die melk en rys saam tot kookpunt, en laat prut ( terwyl geroer word.) tot sag en gaar. Verwyder van hitte, roer suiker by en laat afkoel. Roer ricotta en eiers by, giet op karamellaag en maak gelyk. Bedek deeglik met aluminiumfoelie en plaas in ‘n oondbak wat halfpad met water gevul is. Bak 45 – 50 min. of tot die poeding ferm in die middel is. Verwyder koekpan uit waterbad en laat afkoel tot kamertemperatuur. Keer uit op ‘n dienbord en verkoel tot opdiening. Genoeg vir 8 – 10 mense.

Lemoen Karamel Rys Poeding

Melkkos

3 k Vermicelli

Water om te bedek

Knypie sout

2 t Kook olie

6 k Melk

2 Stukkies pypkaneel

2 Steranyse

3 Huisies Kardamom

1 E Suiker

Sout

3 E Mielieblom

1/2 k Water

2 E Botter

Breek die vermicelli in 5 cm stukkies, sodat jy genoeg het om 3 koppies te vul. Bedek met water in ‘n kastrol, voeg ‘n knypie sout en die kookolie by en kook tot sag. Dreineer en hou eenkant.

Kook die melk, pypkaneel, steranys, kardamom, suiker en sout. Voeg die gekookte vermicelli daarby. Meng nou die mielieblom met die 1/2 koppie wateren roer dit in die melk. Voeg die botter by. Laat dit stadig prut vir 5 minute. Skep op in diepborde en dien op met kaneelsuiker.

Melkkos

Skrikkeljaarpoeding

3 E Botter

1/2 koppie Suiker

1 koppie Meelblom

2 T Bakpoeier

2 Eiers, geel en wit apart

2 E Strooisuiker

1 en ‘n kwart koppie Melk

3 E Appelkoos of aarbei konfyt

1/4 T sout

Meng die botter, suiker, meelblom, die geel van eiers en ‘n klein hoeveelheid melk. 

Sit die mengsel in ‘n gesmeerde vuurvaste bakskottel en bak dit 30 min lank of tot gaar by 180 grade C.

Haal dit uit, gooi koue melk bo-op , smeer die konfyt daarop en smeer die styfgeklopte wit van die eiers (met suiker) bo oor. 

Bak weer in die oond tot die skuim bo-op goudbruin is.

Skrikkeljaar Poeding

Sago Poeding

2 koppies Sago (500 ml)

2 L Melk

Knypie sout

250 g Margarien

4 eetlepels Mielieblom (60 ml)

2 koppies Suiker (500 ml)

Appelkooskonfyt

Week sago in melk vir 12 uur. Kook melk, sago en margarien saam. Meng mielieblom met ‘n bietjie melk en voeg saam met suiker by die mengsel. Roer en kook tot dik. Plaas in oondbak en bak vir 30 minute by 180ºC. Versier met appelkooskonfyt en kaneel voor opdiening. Dien op met vla of room.

Sago Poeding

Gebakte Karringmelk Poeding

Bestanddele:

1 koppie Meelblom                       

2 Eiers

1 koppie Karringmelk                   

2 eetlepels Botter

½ koppie Suiker                           

2 gelyke teelepels Bakpoeier

Metode:

Klits botter en suiker so goed moontlik, voeg eiers by en klits weer goed, voeg nou die karringmelk en meelblom beurtelings by. Roer nou die bakpoeier by. Poeding word op die gewone manier gebak

Let wel: Dikmelk kan in plek van karringmelk gebruik word.

Gebakte Karringmelk Poeding

Koue Kersfeespoeding

1½ koppies fyn gerolde Marie beskuitjies     8 malvalekkers

¼ koppie suiker                                           

½ koppie gekapte neute

125ml gemengde skil                                   

¼ teelepel fyn neut

250ml room                                                 

¼ koppie lemoensap

mespunt kaneel                                           

125ml dadels

gerasperde skil van 1 suurlemoen

Meng krummels, vrugte, neute, skil en speserye. Verhit die lemoensap en los die malvalekkers daarin op. Voeg die suiker by en gooi oor die krummels en vrugte. Klop die room styf en vou dit by die mengsel in. Plaas die nagereg in die yskas om styf te word.

Koue Kersfees Poeding

Goue Brood en Botter Poeding

4 koppies broodkrummels                   

4 koppies melk

4 eiers, wit en geel geskei                 

2 eetlepels botter

appelkooskonfyt                               

 1 koppie suiker

1 teelepel kaneel                               

½ teelepel sout

4 eetlepels suiker

Klits die geel van eiers en voeg suiker, melk, sout en kaneel by. Gooi melkmengsel oor brood in ‘n gesmeerde vuurvaste bakskottel. Sit klein blokkies botter bo-op. Bak in ‘n matige oond (180C) tot ligbruin. Haal uit. Smeer appelkooskonfyt liggies bo-op. Klop die wit van eiers styf met 4 eetlepels suiker en smeer oor die konfyt. Bak dit weer in ‘n matige oond tot die skuim bo-op goudbruin is. Bedien warm met vla. 

Goue Brood en Botter Poeding

Koffie en Amarula-Nagereg

So lig soos ‘n soufflé en absoluut heerlik!

20 ml Koffiepoeier               

125 ml Kook water

300 g Malvalekkers               

blik(410 g) Verkoelde, ingedampte melk (Ideal Melk)

30 ml Amarula-room             

125ml Gekapte neute

Los die koffie in die water op. Giet in groterige kastrol en plaas die malvas daarin. Laat eenkant tot die lekkers feitlik heeltemal gesmelt is. Klits intussen die koue melk tot styf. Roer die koffie-malvamengsel deur om seker te maak dat al die lekkers opgelos is. Roer die mengsel 

dan by die styfgeklitste melk in. Voeg Amarula en neute by en roer deur. Skep in individuele glase of in ‘n groot bak. Plaas in yskas om te stol. Dien op met room en enige vars vrugte na keuse.

Koffie en Amarula Nagereg

Outydse Asynpoeding

Sous

500 ml Water 

500 ml Suiker

125 ml Asyn

Deeg

30 ml Botter 

125 ml Strooisuiker

2 Eiers 

375 ml Koekmeelblom

5 ml Koeksoda 

10 ml Gemmer

1 ml Sout 

2 ml Neutmuskaat

30 ml Appelkoos konfyt 

Verhit die bestanddele vir die sous saam tot kookpunt. Laat prut vir 5 minute en laat afkoel. Voorverhit die oond tot 180C en smeer ‘n oondbak van 26 cm met botter. Verroom die botter en suiker tot lig en romerig. Klits die eiers een vir een by. Sif die droë bestanddele saam en roer dit by. Roer die appelkooskonfyt by tot goed gemeng. Skep in die gesmeerde bak en giet die afgekoelde sous bo-oor. Bak vir 30-40 minute tot goudbruin. Sit voor met vla of roomys. 

Outydse Asyn Poeding

Brood en Botter Poeding

16-20 Snye witbrood, 1-2 cm (1½ duim) dik botter

8 Eiers 

2 koppies Suiker

2 teelepels Sout 

4 liter Melk

2 koppies Rosyne 

1 koppie fyn Klapper 

Appelkoos konfyt

Smeer die brood dik met botter. Rangskik die snye met die gesmeerde kant na onder in ‘n gesmeerde pan, konfyt kan of bo-op gesmeer word aan nie gesmeerde kant of kan in klontjies oral gesit word. Klits die eiers en voeg die suiker, sout en melk daarby. Strooi die rosyne of klapper tussen die snye brood. Gooi die melkmengsel oor die brood en laat dit 30 minute lank staan. Sit die deksel van die bakskottel op en bak by ‘n matige koel oond by 160C. Verwyder die deksel na die eerste halfuur en bak totdat die poeding bo-op mooi bruin is. Bedien met vlasous.

Brood en Botter Poeding

Gebakte Ryspoeding

125 ml kortkorrel- of Basmati-rys 

500 ml Volroom melk 

250 ml Room 

30 ml Suiker 

2,5 ml fyn Neutmuskaat 

5 ml Gerasperde suurlemoenskil 

30 ml fyn Appelkoos konfyt 

30 ml Suiker 

Mikrogolf die rys, melk en room 25 minute saam in ‘n bedekte bak by HOOG (100 %). Roer af en toe tot romerig. Voeg die suiker, neutmuskaat, suurlemoenskil en appelkooskonfyt by. Roer om deeglik te meng. Skep die rysmengsel in 6 bakkies, maak gelyk en sprinkel ‘n teelepel suiker oor elk. Plaas onder ‘n warm rooster tot gekaramelliseer. Sit warm of koud voor met appelkoossous. 

Vrugtevariasie: 

Voeg 250 ml gedreineerde, ingemaakte vrugteskyfies by ná die suiker bygevoeg word.

Gebakte Rys Poeding

Kondensmelktert

1 x 397g blik Kondensmelk 

3 koppies Water

6 eetlepels Mielieblom 

2 Eiers, geel en wit apart

1 teelepel Margarien 

1 teelepel Vanielje geursel

Tennisbeskuitjies

Verhit die kondensmelk en water. Meng die mielieblom met ‘n bietjie water en roer dit by die melk. Roer die mengsel tot dit dik word en verwyder van hitte. Voeg die geklitste eiergele by en laat die mengsel weer kook tot dit gaar is. Voeg die botter en geursel by. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n tertbord en gooi die helfte van die vulsel oor, dan nog ‘n laag beskuitjies met die res van die vulsel oor. Rol ‘n paar beskuitjies fyn en strooi bo-oor. Versier met kersies.

Kondensmelk Tert

Karamelpoeding 

Beslag

2 koppies Meelblom

2 teelepels Bakpoeier

2 ml Sout 

Sif saam

1 koppie Suiker

4 eetl Appelkooskonfyt

2 Eiers

2 koppies Melk 

Klits suiker, konfyt en eiers baie goed saam en voeg meelmengsel by. 

Voeg 2 koppies melk geleidelik hierby. 

3 eetlepels Asyn

2 teelepels Koeksoda 

Meng en vou in mengsel in. 

Bak in ‘n groot skottel vir ongeveer 45 min by 200°C. 

Sodra dit gaar is, haal uit oond en gooi sous oor. 

Sous

2 koppies Suiker

2 koppies Melk

1 eetelepel Vanilla

1 koppie Water

125 ml botter 

Kook alles saam en gooi oor warm poeding.

Karamelpoeding

Koue Sagopoeding 

4 koppie Melk 

4 Eiers

1 koppie Kook water 

1 koppie Sago 

1 koppie Suiker 

1 pakkie Jellie 

Kook 4 koppie melk en sago saam. Meng orige melk, suiker en eiergele en voeg by sagomengsel. 

Los jellie in kookwater op en voeg by mengsel. 

Klop wit van eier styf en vou in. Plaas in yskas

Koue Sago Pudding

Hannes se immergewilde Peppermint Crispt Tert
Ek het nog nooit, maar nooit ‘n spesifieke resep gevolg met hierdie nie, ek maak nog altyd my eie resep!
Jy benodig:
1 x Pakkie Tennis Beskuitjies
2 x Blikke Caramel Treat
1 x 250ml Orley Whip Room
4 x Nestle Peppermint Crisp Chocolates
Metode:
Ek spuit eers my bak goed met Spray & Cook
Klits jou room tot stuif.
Meng jou 2 x blikke Cramel Treat goed in saam met die room. Dan vat ek een Peppermint Crisp Chocolate en breek dit sommer in my beslag en meng goed deur.
Pak die Tennis Beskuitjies in jou bak en bedek met die eerste laag van jou mengsel.
Pak jou tweede laag Tennis Beskuitjies en smeer die oorblywende mengsel daaroor.
Ek vat dan 2 x Peppermint Chocolates en breek dit bo-oor. Die oorblywende Peppermint Chocolate geniet ek saam met ‘n groot glas melk! Jy verdien dit om jouself te bederf!
Sit jou tert in die yskas vir so uur en geniet!
Glo my jy gaan jou vingers af eet!

Hannes se Peppermint Crisp Tert

Copyright © 2021 – 2024 Die Ander Kind