Hannes beantwoord vrae!

Hannes van Rensburg

Indien jy enige vrae aan Hannes het, hy beantwoord dit graag! Stuur jou vrae per epos aan: info@dieanderkind.co.za

Hier is 10 Vrae en Antwoorde wat die meeste aan Hannes gevra word:

  1. Wanneer het jy die eerste keer besef jy wil ‘n skrywer word?

Ek was nog altyd lief gewees vir skryf! (Vra maar die seuns in my laerskool!) Ek het van klein tyd af gevoel ‘n mens kan jouself beter uit druk en beklemtoon deur te skryf. My groot liefde vir skryf het reeds op laerskool begin.

  1. Hoe lank het dit jou gevat om Die Ander Kind te skryf?
    Die Ander Kind was nog altyd in my kop. Die skryf van Die Ander Kind het reeds in 2002 begin. Ek kon uiteindelik rustig sit en die hele verhoogproduksie skryf. Dit het 2 jaar geduur! Die Ander Kind se verhoogproduksie was in 2011 op die planke. Ek het in 2012 begin met die boek. My pa en ma se dood het ‘n groot impak gehad op my skryf werk, maar my boek het in 2021 uiteindelik die lig gesien!
  2. Wat doen jy graag as jy nie skryf nie?
    Rook! (Nee, ek grap net!) Ek het seker diè grootste liefde vir kos maak! As ek nie by die werk is nie sal jy my in ons plaas kombuis kry, verseker besig om Koeksisters te bak èn om kos te kook.
  3. Wat dink jou familie van jou skryfwerk?
    Ek het nie familie nie. Geensins. My familie was my ma en my pa en Monica. Die res is almal dood in my oë. My boek het verseker die “sogenaamde familie” omtrent in ‘n toestand. Ek dink nie hulle het verwag dat ek gaan opstaan en my kant van die lewensverhaal vertel nie. “Hannesie” was altyd maar die stil een. Die moffie waarvan niemand gepraat het nie, die “demoon wat so vol sonde is”. My ma en my pa was lief vir my presies soos ek was en nogsteeds is. Dean en Diesel is nou my familie. Die res het ek afgeskryf. Vergewe ek hulle, glad nie. Het ek vrede met God gemaak oor wat hulle aan my, my ma en my pa gedoen het en nogsteeds doen, beslis ja!
  4. Hoor jy baie van jou lesers? Watter soort dinge sê hulle?
    Ek het altyd gesê as my boek Die Ander Kind net èèn mens kan hoop gee, dan weet ek dat ek my doel in my lewe bereik het. Ek het regtig nooit verwag dat ek so baie positiewe en goeie terugvoer van my lesers sou kry nie. Die wonderlikste gevoel is, as ek in “mall” stap of in ‘n kruideniers winkel staan en ek kry ‘n drukkie uit die bloute uit met die woorde “dankie”. Ek moes al ‘n hele paar keer my trane probeer wegsluk of afvee! Ek het ‘n Faceboek Blad waar ek met baie van my lesers gesels. Vanaf Suid Afrika tot in Australië, Amerika en Lodon! Ek is so dankbaar! Dankie vir elke liewe leser wat in my geglo het èn steeds glo!
  5. Wat laat jou lag?
    Komedie! Snaakse mense! ‘n Vieslike ding van my, as iemand voor my val. Ek kan dit nie help nie. Ek bars uit van die lag en kan die arme persoon nie ophelp nie. As ek val, presies dieselfde! (Die geleerdes sê dit is glo skok wat dit veroorsaak)
  6. Gunstelingkleur?
    Herfs kleure! Dit is vir my seker diè mooiste kleure!
  7. Jy is ’n groot inspirasie vir baie mense ─ wie is jou rolmodel?
    My ma en my pa is en sal altyd my grootste rolmodelle wees!
  8. Watter bekende(s) sal jy nog graag wil ontmoet?
    My grootste begeerte is om vir Juanita du Plessis te ontmoet. Sonder dat sy dit ooit sal besef het haar liedjies my deur so baie in my lewe gedra! Ek wil ‘n Gin drink saam met Karen Zoid, ek wil ‘n sigarettjie rook saam met Lizz Meiring en ek wil Jo Black se hand skud en dankie sê dat sy liedjies Bring die Hoop Weer Terug en Skepe, my deur die moeilikste dae met my ma se dood gehelp het!
  9. Wat maak jou kwaad?
    Verseker Kanker…..Wat my hartseer en kwaad maak is die molestering en verkragting van seuns en meisies. Ek was daar! Praat asb met iemand! As jy voel jy kan nie met iemand praat nie kontak my, ek is daar vir jou! Wat my egter blind maak van woede is as mense dink hulle is beter as ander!
  10. Wat maak jou gelukkig? Geloof, Hoop en Liefde! Gesondheid! As ek sien iemand doen goed in die lewe maak dit my gelukkig! Ek is op my gelukkigste as ek elke aand ‘n bord kos kan geniet saam met Dean en Diesel. Ons het tè lank, tè swaar gekry. Ek moes leer eet na my kanker, ek moes omtrent weer leer eet na my beroertes, ek is net gelukkig as daar vrede en liefde aan ‘n etenstafel is! O ja, en mans met mooi kuite maak my mos baie gelukkig!!
Hannes van Rensburg Die Ander Kind

Copyright © 2021 – 2025 Die Ander Kind