Die skrywer van Die Ander Kind – Hannes van Rensburg

Hannes van Rensburg, ‘n Suid Afrikaanse televisie en verhoog  akteur, is gebore op 11 Julie 1978. Hy is gebore in die destydse Verwoerdburg, wat vandag  beter bekend staan as Centurion. Hy was ‘n inwoner van Centurion vir 35 jaar. Hannes se ouer huis, was die eerste huis in Clubview, Centurion.

Hannes van Rensburg was ‘n laat lammetjie.  Sy eerste suster Monica van Rensburg wie hy nooit geken het nie, is die dag met haar geboorte deur ‘n  verpleegster op haar kop laat val, en  op ‘n jong ouderdom van 11 jaar en 6 maande het Monica gesterf. Daar word ook van haar vertel in die boek.

Hannes van Rensburg het in 2001 sy BA (HONS) Drama Graad vewerf in Televisie en Verhoogproduksie. Hannes was te sien in een van Suid Afrika se langste sepies nog op Suid Afrikaanse televisie  “Egoli,Plek van Goud”, waarna hy verskeie televisieproduksies en verhoogproduksies aangepak het en die land vol getoer het. 

Hannes het ook ‘n groot liefde vir musiek, en help baie graag Laerskole en Hoërskole met kultuur en Revue – dit is sy passie!

Hannes van Rensburg was op die ouderdom van 12 jaar, verkrag deur ‘n onderwyser, wat hom wou wys wat gebeur met ‘n moffie. Hannes se geloof en sy ouers se liefde, deernis en toewyding het hom weer in homself en in die lewe laat glo. Hannes van Rensburg help graag kinders wat nie weet hoe om hul ouers te vertel dat hul gay is nie, en help ook graag mense om hulself te aanvaar.

Hannes van Rensburg is ook tans besig om ‘n Ondersteunings Groep, genaamd Die Ander Kind Ondersteunings Groep, op die been te bring om ouers met gay kinders sowel as gay mense wie se geliefdes hulle afgeskryf het te help en te ondersteun.

Hannes van Rensburg was in 2009 gediagnoseer met kolon kanker. Hy het ‘n harde pad met chemo gestap vir 2 jaar en deur die krag van God, is Hannes vir 13 jaar nou in remissie (2024).

Hannes van Rensburg het daarna in 2014 sy B.Com Finansiële Bestuurs  Graad voltooi by Unisa in Pretoria.  Hannes is vandag ‘n Finansiële Bestuurder, met ‘n BAIE GROOT Liefde vir Kos maak, Bak en Brou! Hannes het ook onlangs ‘n kursus voltooi in die skryf van ‘n draaiboek (2024).

Hannes van Rensburg het in 2021 twee beroertes gehad, wat die linkerkant van sy lyf aangetas het. Wonder bo wonder het Hannes herstel en net die linkerkant van sy mond is aangetas. Hannes glo vas dat dit die Here se genade is wat hom deur alles dra! Vandag is Hannes weer sy ou self!

Hannes van Rensburg het 2 tatoeër merke op sy regter arm wat baie spesiaal is vir hom: 

MGMPW 05/07/1941 – 20/04/2013 -“Mag God Met Pappa Wees” met sy pa se geboorte en sterf datums. 

MGMMW 30/03/1941 – 30/10/2018 – “Mag God Met Mamma Wees” met sy ma se geboorte en sterf datums. 

Albei Hannes se ouers het in sy arms gesterf, ‘n seer wat hy vir niemand kan beskryf nie. 

Op die einde van die dag is al wat vir Hannes die belangrikste is: Geloof, Hoop & Liefde.

Hannes van Rensburg en Dean Oosthuizen het mekaar op ‘n toe-oog afspraak ontmoet by die Spur in Emporers Palace op 24 September 2014. Dean het aan Hannes verloof geraak op 10 Oktober 2014 en Hannes en Dean is getroud op 14 Februarie 2015. Hulle is tot vandag toe baie gelukkig getroud.

Pretoria News het die volgende geskryf oor Die Ander Kind verhoogproduksie van 04 November 2011;  

Hannes van Rensburg wrote and acted in his first true life production called “Die Ander Kind “. In a packed theater in Pretoria, he managed to make everyone laugh in the first half of the play, the second part of the play the entire audience was in tears. Hannes van Rensburg puts his heart in his stage productions and that is what the people love about him. He can be hilarious and the next second he can turn an entire stage production into a scene where you will be in tears till the final curtain call. That is what the people love and enjoy about his work. He had a standing ovation for his stage production “Die Ander Kind “. It was a truly amazing stage production in a long time! 

“Ek hoop, glo en vertou u sal hierdie ware lewensverhaal van my geniet, soos wat ek dit geniet het om vir u Die Ander Kind se boek te skryf” – Liefde,Altyd, Hannes.

Hannes van Rensburg is met trots geregistreer by die Writers Guild of South Africa – WGSA01053              

Copyright © 2021 – 2025 Die Ander Kind