Waaroor gaan Die Ander Kind?

Die Ander Kind is ‘n ware lewensverhaal. Hierdie ware lewensverhaal speel  hom af van ‘n 7 jarige seun in 1985, wat maar altyd anders was as die ander kinders. Hy kon nooit verstaan hoekom hy nie ook net soos al die ander kinders “normaal” kon wees nie. In diè boek en in die ware lewens verhaal word na “anders” verwys as gay…. Vir tannie Anna wat nou amper jou vals tande ingesluk het, moenie worry nie, darem gaan meer as diè boek oor net ‘n kind, net ‘n man wat nie gekies het om gay te wees nie, maar ongelukkig die alleenheid van gay wees ervaar het….. Al het sy suster, (die middel kind), wat ‘n “self erkende” christen is geglo het hy is vol demone….

As hierdie jou kleuterskool se rapport was vir die einde van die jaar, dan moet jy verseker weet jy is anders as die ander kinders….

November 1984

“Hannes word bevorder na die “groot skool”! Sterkte met Graad 1 volgende jaar! Aan mamma en pappa; ek is bekommerd oor Hannes, hy speel meer saam met die dogtertjies in die pophuis as saam met die seuns buite op die klimraam, nietemin, Baie Geluk met jul seun wat volgende jaar Laerskool toe gaan!” Geteken, die Hoof. 

U as leser gaan Die Ander Kind se hele lewensverhaal volg tot waar hy 43 jaar oud is. Hierdie gaan nie net jou algemene  lees boek wees nie, die liefde word meegedeel en  bespreek, daar is die hartseer van dood,die hel deur  skool en gespottery, verkragting,  dwelms, kanker en familie skandes tot vandag  waar  hierdie man weer sy  lewe opgebou en ‘n sukses gemaak het!  

Die Ander Kind is ‘n boek van Hoop ! Jy is nie alleen nie!  

Die Ander Kind is vir die eerste keer omskep in ‘n verhoogrpoduksie wat op 04 November 2011 opgevoer was in die Pierneef Teater te Pretoria, Gauteng. Hannes van Rensburg, wat die verhoogproduksie geskryf het was ook die hoofkarakter in die verhooproduksie. Die Ander Kind het ‘n stampvol teater laat skaterlag in die eerste helfte van die verhoogproduksie, en in die tweede helfte was die hele gehoor in trane. Hierdie is ware gebeure, ware drama, ware intriges, en die ware hartseer van ‘n man se lewe. Daar is “kru taal” en daar is verseker  aspekte van die lewe wat met deernis saamgevat is. Baie mense sal beslis kan aanklank  vind met diè boek. Of jy nou gay of straight is, hierdie boek is vir jou!

Tien jaar later na die  verhoogpoduksie is daar hard gewerk aan ‘n boek. Baie mense het belangstelling  getoon,en bly vra dat daar asseblief ‘n boek uitgebring moet word van Die Ander Kind! Hannes van Rensburg het besluit om alles en nog meer  saam op papier vas te lê en het die lang verwagte boek geskryf!  

Uit die pen van Hannes van Rensburg:

My wens aan elke leser, is dat hierdie boek u sal laat skaterlag, maar ook, ongelukkig die hartseer sal laat insien  en verstaan, want op die einde van die dag is ons almal net doodgewone   mense. Indien my boek net een  persoon sal aanraak , net een persoon sal hoop gee, net een persoon se oë sal oopmaak  wat altyd te vinnig is om iemand te oordeel weet ek dat ek my doel in die lewe bereik het. Al voel jy alleen en voel jy, jy word nie aanvaar vir wie jy is nie, daar is HOOP!…. Na 30 jaar van hel en alleen wees is Hannes en Dean getroud op 14 Februarie 2015, en is hulle baie gelukkig getroud, deur baie hartseer en alles wat hulle verloor het, het hulle liefde vir mekaar net sterker geword ” 

Hannes van Rensburg
Hannes van Rensburg

   Copyright © 2021 – 2025 Die Ander Kind