Baie danie aan Maroela Media & Skryfnet wat my ware lewensverhaal bekroon het as nommer 2 onder die top 10 van die gewildste lewensverhale van die eeu!!! Lees gerus die artikel:
https://pressreader.com/article/281603836608623
Baie Dankie Polokwane Review / Observer & Maretha Swanepoel!!
Almal het ’n verlede. Vir sommige was dit relatief maklik, maar ander moes deur diep waters spartel om te oorleef. Een van daardie mense is Hannes van Rensburg, ’n man wat nie sy pyn probeer begrawe het nie, maar dit eerder in woorde vasgevang het om hoop aan ander te bring.
Reeds op sewejarige ouderdom het Hannes besef dat hy anders as die ander kinders was. Anders, in sy geval, het beteken gay – iets wat hom blootgestel het aan eensame jare, spot, verwerping deur familie onder die vaandel van godsdiens, verkragting, dwelms, die dood en selfs ’n kankerdiagnose.
‘Die Ander Kind’ is ’n boek van hoop. Jy is nie alleen nie,” vertel Hannes, wat sy eie verhaal op papier gesit het. Die verhaal is reeds in 2011 verwerk in ’n verhoogproduksie wat in die Pierneefteater opgevoer is. Tien jaar later, ná talle versoeke, het die boek uiteindelik die lig gesien.
Daardie dekade was vir Hannes nie maklik nie. Beide sy ouers is in sy arms oorlede, en kort ná die publikasie van die boek in 2021 het hy twee beroertes binne twee weke ophad. Sy linkerkant was verlam, maar volgens hom het hy met die genade van God volkome herstel.
Een van die moeilikste besluite was om traumatiese ervarings wat hy aanvanklik uitgelaat het, tog in die boek te deel. “Die grootste seer was my laerskoolonderwyser, ’n huisvriend van my ouers, wat my verkrag het ‘sodat ek kan voel hoe dit is om ’n moffie te wees’. Ek het dit ingesluit sodat ander mense ook hoop kan vind,” verduidelik hy.
Hannes het onlangs ’n kursus in draaiboekskryf voltooi, en beplan nou om ‘Die Ander Kind’ ook as rolprent uit te bring. Hy is volledig betrokke by die draaiboek en dien tans as tesourier van die Writers Guild of South Africa (2025–2026). “Ek glo die film moet dieselfde hoop bring as die boek. As alles volgens plan verloop, begin ons einde 2026 verfilm en dit sal my grootste wens wees wat waar word,” sê hy.
Sy boek het reeds erkenning ontvang deur ‘n tweede plek te behaal in die gewilde lewensverhalekategorie van die maandelikse Skryfnet-kompetisie op Maroela Media. “Ek was in trane. Ek was op pad Potchefstroom toe om my graad te ontvang toe my man, Dean, my bel en gelukwens. Ek het net langs die pad gestop en dankbaarheid uit my hart uitgestraal. Ek het dit glad nie verwag nie,” vertel hy.
Maar Hannes se skryfwerk is nog lank nie klaar nie. Hy werk reeds aan die opvolgboek, ‘Die Ander Man’, waarin sy verhaal voortgesit sal word.
Bedankings
Heel eerstens is my grootste bedanking aan my Almagtige God en Hemelse Vader wat saam met my, my paadjie van my lewe gestap het, en nogsteeds elke dag doen! Dankie Here dat U my staande gehou het deur alles! “Wat ek is, is nèt genade, wat ek het is nèt geleen. “
Die Ander Kind word opgedra aan die volgende mense:
Hannes van Rensburg (Snr), (Pappa) 05/07/1941 – 20/04/2013

Florence van Rensburg, (Mamma) 30/03/1941 – 30/10/2018

Ek dank God elke dag vir my twee wonderlikste ouers wat Hy aan my gegee het. Julle was my lewe, julle was my asem, julle was my steunpilare, julle was nie net my ouers nie, julle was my beste vriende! Dankie vir alles. Julle plek is leeg!!
Die Ander Kind word ook spesiaal opgedra aan Shaleen Surti-Richards. Jy was my inspirasie in my lewe! Dankie dat ek my lewensverhaal met jou kon deel! Dankie dat ons so lekker kon saamwerk! Dankie vir elke sigarettjie met elke hoofstuk en vir elke lag en elke traan. Ek mis jou, ek mis jou lag! Jou plek is leeg!! 07/05/1955 – 07/06/2021

Aan ons Lief, Liewer, Liefste Diesel, my baba, my alles!!! Jy het deel geraak van ons pragtige huwelik en lewensverhaal vir amper 8 jaar. Ek weet ouma is so bly om jou weer by haar te hê. Dankie vir al jou liefde, omgee en beskerming. Jy was ons kind, èn sal altyd ons kind wees. Lief vir jou my Fiellas!! 27/06/2015 – 16/05/2023

Baie, baie dakie aan Dean Oosthuizen. Dankie dat jy my lewenspad saam met my stap. Dankie vir jou liefde en omgee en ondersteuning en dankie dat jy my deur alles dra. Lief jou oneindig! Dankie is so klein woord, dankie vir jou wat veg vir my, dankie vir jou wat glo in my! Dankie dat jy daar was deur die hel en jou hulp om mamma so mooi te versorg en te help met alles as dinge net te veel geraak het vir my! Jy is my alles en ek waardeer jou! Mag ons nog ‘n wonderlike pad in ons huwelik stap met Geloof, Hoop & Liefde!

Laaste maar nie die minste nie!
Baie, baie dankie vir elke liewe vriend en vriendin wat in my geglo en bly glo het, wat my geinspireer het om Die Ander Kind te skryf! Baie dankie ook vir elke karakter in my boek, al het van julle my lewe hel gemaak, sonder julle sou diè verhoogproduksie of diè boek nooit bestaan het nie. Dankie aan diè vir die lag en aan diè vir die trane en hartseer.
My heel laaste dankie, gaan aan “Die Siener” Gerald Burger. Ek dink nie jy sal ooit besef hoe ek jou waardeer het, wat my op so kort kennisgewing kon sien en my vrede en kalmte kon gee na al die gebeure nie. Dankie dat jy my antwoorde op al my vrae kon gee! Uit my hart uit, oneindig dankie dat ek kon afsluiting kry oor als!

Baie Dankie aan die volgende persone & plekke wat my help my droom bewaarheid:







Copyright © 2021 – 2025 Die Ander Kind