Die Ander Kind – Die Fliek Of ‘n Reeks……….?
Hier kom opwindende dinge! Wat begin het as ‘n ware lewensverhaal verhoog produksie in 2011, is toe omgesit in ‘n Boek in 2021. In 2025/2026 gaan Die Ander Kind opgeneem word in ‘n Fliek/Reeks! Hannes kan nie wag om hierdie Fliek/Reeks met almal te deel nie!
BAIE Komedie, BAIE Drama, BAIE Hartseer, MAAR – hierdie Fliek/Reeks gaan mense weer HOOP gee!


Hannes van Rensburg is met trots geregistreer by die Writers Guild of South Africa – WGSA01053
Om hierdie droom ‘n werklikheid te maak het Die Ander Kind asb jou hulp nodig! Ons kort nog:
R 10 000.00 om hierdie projek op die been te bring. As jy in enige opsig kan help, kontak asb vir Dean by: info@dieanderkind.co.za – enige en elke donasie sal met ope arms verwelkom word! Weet asb dat daar soveel as moontlik bloodstelling aan elke liewe persoon of maatskappy gegee sal word wat bereid is om hierdie droom te help realiseer.
Die link vir Back a Buddy:

https://www.backabuddy.co.za/campaign/die-ander-kind

Woorde ontbreek my as dit by bedankings kom. Hoe sê mens regtig dankie aan ‘n persoon of ‘n maatskappy wat jou borg en in jou glo en jou help om jou droom te verwesenlik? Uit my hart uit, oneindig dankie aan die volgende persone en besighede wat my help èn in my glo om Die Ander Kind vlerke te gee, dat, wat eers ‘n verhoog produksie was, omgesit is in ‘n boek, en dat daar nou besig is om aan ‘n draaiboek geskryf te word om Die Ander Kind silverskerm toe te neem en mense weer Hoop te gee!:
Elmarie Pretorius-Mars – Dankie dat jy in my droom glo! Dankie dat jy so awesome mens is en in my ook glo!
Erika Degenaar – Dankie vir jou omgee, jy is altyd daar vir my! Dankie dat jy my droom sien èn in my glo!
Willie Pretorius – Dankie dat jy ‘n verskil gemaak het om my droom te help verwesenlik!

Aan Martin Steyn van Lalatladi. Woorde hier gaan nie kan beskryf hoe ek dit uit my hart waardeer dat jy my help om my grootste droom te verwesenlik nie! Dankie dat jy èn Lalatladi in my glo, en dat jy my help om my grootste droom, Die Ander Kind op die silwerskerm te kry! Ek waardeer jou èn Lalatladi!

Baie, baie dankie aan mnr Gerhard Steyn van Sanica Auto, Tyre Traders en ATR Towing vir die borg van 50 x Boeke vir Die Ander Kind. Woorde ontbreek my regtig! Ek waardeer die groot skening uit my hart uit!